Alviné Appollis-du Plessis
Die ketel fluit. Ek haal twee bekers uit: een vir my en een vir jou.
Ons kuier op die patio
en loer so af en toe
na die bonsaiboompie
langs die malvaplant
wat jaloers na my dahlias
op die stoepie kyk.
Ek wil so graag vir jou ’n gedig skryf,
sommer net uit dankbaarheid:
dankie, Lig,
dat jy lig is
en nie donker is
soos ek.
(published in This Recurrence of Light, Ecca, 2022)
Featured at The Red Wheelbarrow on 4 August 2022 as one of the Ecca poets
Comments