top of page
Search
Writer's pictureThe Red Wheelbarrow Poetry

Hoekom skrik jy?

Luciano Roberts


Is jy nie vannie ghetto nie?

Hoekom skrik jy, bro?

Is jy nie van die ghetto nie?


Want

hier in die ghetto

in Gqeberha

word jy vinnig

witbene gemaak,

sonder dat jy

nog kan bêka.


Is jy nie van die ghetto nie?


Want hier

innie friendly city

word jou smile

van jou gesig

afgerob

sonder pity.


Is jy nie van die ghetto nie?


Want hier

is geen Halloween.

Welcome to the daily

Guy Fawkes show

waar die lug

en liggaams

bullets kou.


Is jy nie van die ghetto nie?


Want hier,

die violence is sad,

maar die normalisation

is vir my meer bad.


Geen flits of skrik,

miskien ʼn klein mik,

met ʼn gejaag na die scene

mense is al gewoont

aan die skote wat blits,


soveel so

dat eendag,

toe ons winkel toe stap,

gaan ʼn cracker af


ek skrik –

die mense om my

begin lag,

hulle hettie geskrikkie –

en hulle vra my:


“Is jy nie van die ghetto nie?”


Featured at the Red Wheelbarrow on 18 November 2021 as one of the Helenvale poets


0 comments

Recent Posts

See All

The Little Yellow House

Phelelani Makhanya There is a little yellow house at the corner of the street, where the jacaranda has painted the paving purple. Every...

Naughty Greens

Basil du Toit The rude vegetables are up to no good again, succumbing to irresistible inflations, their growth-tips, tautly congested,...

Evening Song (Durban)

Ari Sitas After a day of stoning and gas an ancient chore beckons by the ocean’s lip - a crowd heaving, heaving, sifting through the sand...

留言


Post: Blog2_Post
bottom of page