Die is net om te sê
- The Red Wheelbarrow Poetry
- Aug 23, 2021
- 1 min read
Nathan Trantraal
Die is net om te sê:
Ek hettie laaste
cigarette geroek
wat innie
boksie was
en wat
jy probably
gehourit
vi venaan
Vergiewe my
it was delicious
soe bitter
en soe warm
Featured on 27 May 2021
Comments